web space | free website | Business Web Hosting | Free Website Submission | shopping cart | php hosting
Kiste van Marmer

Welkom by Kiste van Marmer! U aanlyn e-storie.

Hierdie is 'n heerlike kans vir ons Afrikaans sprekendes om saam 'n lekker storie te skryf. Die storie kan net geskryf word met u hulp. Stuur vir ons u gedagtes en idees oor die storie. Wat kan ons doen met hierdie storie. Watter kant toe sal die karakters se lewe draai? Watter nuwe karakters kan ons inbring om die storie interessant te maak. Kom deel saam in hierdie opwindende nuwe webwerfgenot!

Langsaan vind u 'n heel interessante, maar kort, inleiding na die storie. Die rede hoekom ons dit kort hou, is sodat ons vir u vrye teuels kan gee in die skryf van die storie. Hierdie storie sal gaan net soos wat u hom wil hê! U kies wat met die karakters gebeur, waar dit gebeur en wat die gevolg daarvan is. U maak of breek die storie!

Elke week sal ons die storie saamstel van die idees en gedagtes wat ons van u gekry het en dit dan op 'n Maandag publiseer vir almal se genot. Ons gaan binnekort 'n redenaarsgroep stig om oor die verskillende storielyne te besluit. In tussentyd kan u, u idees stuur na:

verhale@hotmail.com

Op soek na:

'n Naam en van vir Meisie
'n Van vir Tiaan en gesin

E-pos u idees na die boonste e-pos adres.

 
Inleiding

Die hel het losgebars die aand toe ek by die huis opdaag met meisie. Meisie - nie 'n naam nie - was vir my alles in my lewe. Sy is die een wat my gered het uit die kloue van die wrede monster. Gered! Ek was veilig in haar arms. Sy het haar handjies om my geslaan en my vertel van liefde, hoop en lig aan die anderkant van die pikdonker tonnel. Met haar woorde van beskerming in my ore is ek weer huistoe.

Tot vandag toe weet ek nie hoekom ek daardie aand huistoe is nie. Ek het maar net daardie ongelooflike begeerte gehad om my ma te verlos van die monster wat sy haar man noem. Sy sê sy is lief vir hom. Sy lieg! Toe ek al by die bakkie uitklim het ek geweet hier gaan vanaand moeilikheid kom. Nie sommer enige moelikheid nie - gevaarlik en dodelik was dit.

Ek was nog nie eers behoorlik uit die bakkie nie, toe hoor ek al my ma se snikke uitseil bo my pa se vloeke. "Kom hiernatoe jou vokken stuk gemors. Mos gedink jy kan jou vokken slim hou, en die hele vokken buurt loop staan en vertel!" "Danie, jy is dronk asseblief kom nou, sit hier op die stoel. Bedaar asseblief tog." "Bedaar! Vokken bedaar! Ek sal vir jou wys hoe ek bedaar." Met die wete dat die klappe nou-nou uitgedeel gaan word het ek gehardloop om by die voordeur uit te kom.

Toe ek die deur ooptrek staan my pa met die belt in sy hand. Onder hom in die hoek van die vertrek, met alles wat sy kon gryp om haar te beskerm, lê my ma se blougekneusde lyfie - poedelnaak. Hy slaat haar genadeloos. Oor en weer. Dit maak nie vir hom saak waar die belt land nie. Trane gly oor my ma se wange, en langs my huil meisie ook.

In daardie splitsekonde het die woede oor my losgebars: 'Wat de hel dink jy doen jy. Los my ma nou dadelik uit; of ek sweer ek sal jou vrek maak!' 'As dit tog nie ons vokken nikswert seun is nie. Het jy gekom vir nog so bietjie seks-' Die woorde laat my stokstyf staan. Dit het gebeur tussen die ouderdom van 12 en 18: Hy het my elke aand, wanneer my ma gaan werk het, gedwing om al my klere uit te trek en voor hom te gaan kniel - handeviervoet. Dan het hy sy klere uitgetrek en sy penis in my ingedruk. Oor en oor het hy dit gedoen. My boude was later rou en het gebloei. As ek durf waag het om te sê dat ek nie meer kan nie, het hy my met sy vuis in die gesig geslaan. Baie aande het ek huilende aan die slaap geraak - van hartseer en van pyn. My ma het geweet, maar wat kon sou doen. Sy was magteloos teen die monster. As ek nou daar oor dink kom al die hartseer en die pyn van die afgelope 18 en 'n half jaar terug. Sy woorde was skaars koud toe trek die belt al deur die lug. Maar op daardie oomblik spring meisie voor my in. Die geweldige krag van die hou slaat haar van haar voete af.

Opgekrul in 'n hopie lê sy by my voete. Bloed drup uit haar neusie en trane loop langs haar wange af. Hy het meisie seergemaak - hy het haar geslaan.

Woede en bonatuurlike krag neem my lyf oor, en met alle krag wat my liggaam kan bied slaat ek hom grond toe. Ek hardloop na die kamer en vanuit my pa se verbode kas gryp ek sy rewolwer en sit angstigtelik die koeëls in. Toe ek in die sitkamer kom is hy klaar weer op sy voete. Ek skiet hom in die been, in die kop. Hy gee sy laaste rukkings en val neer op die grond. Hy is dood. Maar die feit wil nog nie deurdring tot my nie. Ek hou aan met skiet en skiet. Tot daar nie meer koeëls oorbly nie...